Ontmoet ons Leiers

Baie geluk aan die Hoërskool Brackenfell se verkose hoofleiers vir 2020. Kirsten James is gekies as die onderhoofmeisie en Branden Warwick as die onderhoofseun. Chrizé Boonzaier is gekies as die hoofmeisie en Rohan Smith is gekies as die hoofseun. Ons wens al ons leiers sukses toe met hul nuwe reis. Geniet u leierskap gedurende 2020!

Voor op foto van links na regs: Branden Warwick (onderhoofseun) en Kirsten James (onderhoofmeisie).

Agter op foto van links na regs: Chrizé Boonzaier (hoofmeisie), en Rohan Smith (hoofseun).